2008/07/22

Vermaak

Behalwe vir die kreatiewe groei gerigte programme wat maandeliks aangebied word en waarvoor daar altyd skryfwerk in een of ander vorm aangebied moet word, bied die lede minstens twee keer per jaar 'n program vir die gemeenskap aan. Tydens die Hessequa biblioteekweek word 'n voorlesing in die biblioteeksaal, en 'n woord-en liedprogram om die beurt in 'n gesellige bymekaarkomplek, aangebied. Twee keer is 'n kos en woord-program ook al aangebied. Op 15 Augustus 2008 is 'n ontbyt-en kontreistorieprogram in die Waenhuis gehou.
Erfgoed was die tema vir die middagtee op Erfenisdag, 24 September 2009. Skrywers het hulle eie gedigte en skryfsels voorgelees.
Op 30 Augustus is die aand van voorlesings vir vriende in die Waenhuis gehou. Kortetjies vir die katel was n sop-en-sjerrie aand met 17 kort voorlesings deur die Skryfkringlede. Dit was n suksesvolle aand en is bygewoon deur ongeveer 50 persone.

No comments: