2008/07/22

Publikasies

Wilna Meyer wen die derde prys in die Woeskompetisie vir die gedig Maama in Sept 2012

Verskeie lede publiseer in tydskrifte gedurende 2012. Marie Cronje in Vrouekeur (31/8/2012); Ann Hiemstra (Vrouekeur 10/2/2012, Rooi rose 03/2012, Vrouekeur 2/3/2012, Vrouekeur 10/8/2012); Marianne Collen in Sarie (09/2012); Rina Liebenberg in Vrouekeur (23/3/2012, 26/10/2012, 1/2/2013) en Antoinette Klein in Sarie.

Erfgoed is die nuutste publikasie. Dit sluit verhale en gedigte in. In 2009 word die bundel kinderverhale vir voorlees en selflees gepubliseer onder die titel Storie Rondomtalie. Hierdie kinderboek raak baie gewild en die oplaag word vinnig uitverkoop.

Vanaf die jaar van stigting begin lede al in koerante en tydskrifte publiseer. In 2000 gee die Skryfkring hulle eerste bloemlesing Onder Een Hoed uit en volg dit in 2003 op met Skulp Teen die Oor. 'n Bundeltjie Walvisstories word in 2004, en in 2006 Melkhoutfontein, gepubliseer. Van Die skrywers se verhale word gereeld in bloemlesings of bundels opgeneem. Aletta Hanekom is die skrywer met die meeste eie publikasies. Haar publikasie Diepadkloofin DIE HEL beloof om 'n besverkoper te word.

No comments:

Post a Comment