Die Skryfkring het n jaarprogram wat n lys is van al die werkstukke, wat maandelikse geskryf moet word indien die lede dit wil doen. Drie lede word aangewys en hulle werkstukke word elektronies versprei. Die werkstukke word dan in diepte bespreek. Indien tyd dit toelaat, word van die ander werkstukke ook voorgelees.
26 Julie Prentekoevert
30 Augustus Voorlesings en onthaal
27 September Kinderstorie
25 Oktober Uit n ander karakter se oogpunt
29 November Afsluiting
2008/07/22
Vermaak
Behalwe vir die kreatiewe groei gerigte programme wat maandeliks aangebied word en waarvoor daar altyd skryfwerk in een of ander vorm aangebied moet word, bied die lede minstens twee keer per jaar 'n program vir die gemeenskap aan. Tydens die Hessequa biblioteekweek word 'n voorlesing in die biblioteeksaal, en 'n woord-en liedprogram om die beurt in 'n gesellige bymekaarkomplek, aangebied. Twee keer is 'n kos en woord-program ook al aangebied. Op 15 Augustus 2008 is 'n ontbyt-en kontreistorieprogram in die Waenhuis gehou.
Erfgoed was die tema vir die middagtee op Erfenisdag, 24 September 2009. Skrywers het hulle eie gedigte en skryfsels voorgelees.
Op 30 Augustus is die aand van voorlesings vir vriende in die Waenhuis gehou. Kortetjies vir die katel was n sop-en-sjerrie aand met 17 kort voorlesings deur die Skryfkringlede. Dit was n suksesvolle aand en is bygewoon deur ongeveer 50 persone.

Publikasies
Wilna Meyer wen die derde prys in die Woeskompetisie vir die gedig Maama in Sept 2012
Verskeie lede publiseer in tydskrifte gedurende 2012. Marie Cronje in Vrouekeur (31/8/2012); Ann Hiemstra (Vrouekeur 10/2/2012, Rooi rose 03/2012, Vrouekeur 2/3/2012, Vrouekeur 10/8/2012); Marianne Collen in Sarie (09/2012); Rina Liebenberg in Vrouekeur (23/3/2012, 26/10/2012, 1/2/2013) en Antoinette Klein in Sarie.
Erfgoed is die nuutste publikasie. Dit sluit verhale en gedigte in. In 2009 word die bundel kinderverhale vir voorlees en selflees gepubliseer onder die titel Storie Rondomtalie. Hierdie kinderboek raak baie gewild en die oplaag word vinnig uitverkoop.
Vanaf die jaar van stigting begin lede al in koerante en tydskrifte publiseer. In 2000 gee die Skryfkring hulle eerste bloemlesing Onder Een Hoed uit en volg dit in 2003 op met Skulp Teen die Oor. 'n Bundeltjie Walvisstories word in 2004, en in 2006 Melkhoutfontein, gepubliseer. Van Die skrywers se verhale word gereeld in bloemlesings of bundels opgeneem. Aletta Hanekom is die skrywer met die meeste eie publikasies. Haar publikasie Diepadkloofin DIE HEL beloof om 'n besverkoper te word.

Kursusse en opleiding
Reeds vanaf 1996 woon lede kursusse by toe vier persone die Potchefstroomse Universiteit se Herfs Skryfskool gaan bywoon. Petra Muller, Riana Scheepers, Hans du Plessis en Dorian Haarhoff het al kursusse in Stilbaai aangebied. Op 28 - 29 November 2008 het Chanette Paul 'n kursus Liefde op papier vir aspirant liefdes-, romantiese en romantiese spannings-verhaalskrywers in Stilbaai aangebied. Die kursus is deur tien persone bygewoon. Die moontlikheid van n opleidingskursus in 2009 oor sketse en essays word ondersoek. Riana Scheepers bied in Aug 2010 n kortverhaalkursus an. Die skryfkringlede wat dit bywoon het baie waardevolle lesse geleer en is gemotiveer om meer te skryf en te publiseer.
Tans word verskeie skrywers genader om n kursus in 2013 aan te bied.
Tans word verskeie skrywers genader om n kursus in 2013 aan te bied.
Boeke aangekoop
Die Skryfkring het die nuwe publikasie Die Afrikaanse skryfgids saamgestel deur Riana Scheepers en Leti Kleyn aangekoop vir die lede. Die gids word in die biblioteek se voorraad opgeneem en is vir die gebruik van die lede. Lede word aangemoedig om ook hulle eie Leesgidse aan te koop.
Subscribe to:
Posts (Atom)